Tekort aan gedienste erwe hou behuising terug

Die Swakopmund Massa Behuisingswaglys vir laekoste-behuising het reeds 22 000 name daarop. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommunikasiebeampte by die Swakopmund-munisipaliteit, Linda Mupupa, gesels wat sê daar is ‘n vertraging in die uitrol van laekoste-behuising. Volgens Mupupa word die vertraging onder meer veroorsaak deur ‘n gebrek aan gedienste grond.