SA se beleid kniehalter sy groei

Die Instituut van Rasseverhoudinge sê Suid-Afrika se dalende posisie op die korrupsie-aanwyser en die Internasionale Monetêre Fonds se afwaartse aanpassing van die ekonomiese groeivooruitsigte, is kommerwekkende aanduidings van die land se huidige ekonomiese en beleidstrajek. Die land het op die korrupsie-aanwyser tot 41 gesak terwyl die fonds die land se groeivooruitsigte vir vanjaar tot net 1 persent halveer het. Hermann Pretorius van die instituut sê Suid-Afrika is wat beleid betref in ‘n doodspiraal vasgevang wat teen groei gekant is en armoede voorstaan: