Tegnologie word ingespan vir (komende) sprinkaanplaag

Die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie sê die bekendstelling van die eLocust3m-toep in die stryd teen die sprinkaanplaag het die vermoëns van landbouvoorligtingsbeamptes, gemeenskapsvlak-sleutelinformante en tradisionele leiers vergemaklik om verslagdoening in hul onderskeie gebiede doeltreffend te koördineer. Veertig tablette en 56 slimfone is aan ministeriële beamptes deur die organisasie oorhandig in die verband. Sprinkane het tot Januarie vanjaar meer as 719 000 hektaar weiveld en 1 207 hektaar saailande in 10 van die land se 14 streke vernietig. Die Suid-Afrikaanse kenner dr. Gerhard Verdoorn het onlangs aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat van die eiers wel in die koue dood is, maar nie vir alle gebiede in die land nie.