Teenstropings-eenheid trek voornemende renosterstroper vas

Die teenstropings-eenheid van ‘n lodge langs die Etosha Nasionale Park het ‘n voornemende renosterstroper vasgetrek. Die eenheid het op die spore van twee voornemende stropers afgekom en hulle opgespoor. Volgens die lodge-bestuurder was die mans gewapen en ongetwyfeld daar om renosters te stroop. Hulle het die mans in hegtenis geneem en in die proses is een van die gewapende stropers beseer. Hy sê ongelukkig het die tweede stroper daarin geslaag om te ontsnap. Die beseerde stroper is op die terrein noodhulp verleen, hospitaal toe geneem en is tans in polisie-aanhouding. Dit is nou in die hande van Nampol om die verdagte stroper te ondervra, sê die lodge-bestuurder.