Teenkorrupsie Kommissie soek getuie

Die Teenkorrupsie Kommissie versoek die publiek om te help met die opsporing van Beavin Simataa. Die 51-jarige Simataa word gesoek in verband met inligting wat hy moet verskaf oor beweerde korrupte praktyke wat deur die kommissie ondersoek word. Simataa wat oorspronklik van die Zambezi-streek is en voor sy verdwyning op Walvisbaai en Lüderitz gewoon het, word gesoek as ‘n getuie en nie ‘n verdagte nie, beklemtoon die kommissie se kommunikasiebeampte, Josephine Nghituwamata.