Teenkorrupsie-kommissie hou steeds vergaderings in streke

Die Teenkorrupsie-kommissie gaan voort met sy streeksadviesvergaderings as deel van die Nasionale Teenkorrupsie-strategie en Aksieplan. Raadgewende vergaderings sal vandag in die Karas-streek op Keetmanshoop plaasvind. Die kommissie sal raadgewende vergaderings in al 14 streke van Namibië hou. Die woordvoerder van die kommissie, Josephine Nghituwamata, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle stuur steeds die boodskap uit dat mense eienaarskap moet neem en die proses van korrupsiebestryding moet bestuur.