Tedros wil aanbly as WGO-baas

Die Direkteur-Generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, beplan om vir sy tweede vyf jaar termyn as hoof van die WGO te staan, berig internasionale media. Die voormalige Amerikaanse President, Donald Trump, was ‘n groot kritikus van die WGO se hantering van die Covid-19-pandemie. Trump het gemeen die WGO was nie ferm genoeg op China tydens die beginstadium van die uitbreking nie.