Team Namibia span kragte saam met toerisme

Team Namibia en die Namibiese Toerismeraad het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken wat tot beter samewerking en spanwerk sal lei. Volgens Sidney Hanstein, voorsitter van Team Namibia is plaaslike toerisme deurslaggewend aangesien dit geld terugvoer in die plaaslike ekonomie. Caylin Jansen, koördineerder, Team Namibia sê aan Kosmos 94.1 Nuus die vennootskap kan die plaaslike toerismebedryf bevorder.