Te vroeg om te bepaal hoe wêreld sal verander na die oorlog

Volgens kenners sal mense wat vanaf 1990 gebore is toe Europa positief en vreedsaam was, nou in ‘n wêreld leef wat bestaan het vir mense wat van 1940 tot 1980 gebore is, waar die wêreld verdeeld was met ‘n groot skeiding tussen Oos en Wes. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Dirk Kotze, ‘n politieke ontleder in Suid-Afrika, gepraat om sy reaksie in hierdie verband te kry.