TB Joshua sterf op 57

Die bekende Nigeriese prediker TB Joshua, is oorlede. Hy was 57. Volgens berigte uit Nigerië het hy kort na hy Saterdagaand ‘n diens by sy kerk in Lagos aangebied het, gesterf maar die oorsaak is nog nie bekend nie. Sy familie het aan media gesê dat ‘n nadoodse ondersoek uitgevoer sal word om die oorsaak te bepaal. Joshua was die stigter van die Synagogue Church of All Nations. In 2014 het ‘n deel van sy kerkgebou ineengestort en talle volgelinge is in die voorval dood. Die hofsaak is steeds aan die gang. Ook in 2014 was daar gerigte dat die ontslape Suid-Afrikaanse rugbyheld Joost van der Westhuizen Joshua besoek het maar dit is as onwaar uitgemaak en Van der Westhuizen het destyds gesê hy het hom nooit besoek nie en was nooit in Nigerië nie.