Taylor sweef voort!

Taylor Swift het ‘n mylpaal 13de Grammy-toekenning ontvang. Die 34-jarige sanger en liedjieskrywer het die gesogte beste pop-album vir ‘Midnights’ gewen, toe sy ook beken het dat 13 haar gelukkige nommer is. Sy het die geheim verklap toe sy haar toekenning ontvang het, maar haar aanhangers kan nie help om te wonder of dit verband hou met die feit dat sy op die 13de Desember verjaar nie… Sy het strawwe kompetisie uitgestof, insluitend: Ed Sheeran vir sy album (Subtract), Kelly Clarkson met Chemistry, Miley Cyrus met Endless Summer Vacation en Olivia Rodrigo met Guts. In haar toespraak het sy ook laat glip dat haar volgende album getiteld ‘The Tortured Poets Department’ op 19 April vanjaar bekendgestel word. Die oorwinning het haar die eerste persoon gemaak om ooit die topprys vier keer te wen, aangesien sy voorheen gelykop was met Stevie Wonder, Frank Sinatra en Paul Simon vir die rekord.

Foto: The Hollywood Reporter