Taxi’s mag nie tariewe opstoot nie

Openbare vervoeroperateurs mag vir die volgende twee weke net die helfte van hul kapasiteit vul, ná die nuwe inperkingsmaatreëls aangekondig het. Verlede jaar is taxitariewe vanaf 12 na 14 Namibiese dollar aangepas toe taxibestuurders nie hul voertuie vol kon laai nie en voorlopige berigte lui reeds dat van die taxibestuurders dit reeds vanoggend begin toepas het. Volgens die Namibiese vervoerministerie mag taxi’s nie die 12 dollar tarief verhoog nie. Julius Ngweda, die hoofskakelbeampte van die ministerie, het pendelaars aangemoedig om taxi-operateurs te rapporteer wat 14 Namibiese dollar eis.