Taxi-vereniging eis 40% styging in taxi-tariewe 

Die Namibiese Vervoer en Taxi-vereniging het ‘n verhoging van 40 persent vir taxi-tariewe geëis aangesien brandstofprysverhogings vanaf middernag in werking tree. Dit sal daartoe lei dat taxi-tariewe tot sowat 19 Namibiese dollar vanaf die huidige 13 dollar kan styg. Werner Januarie, president van die vereniging, het in ‘n brief aan die minister van vervoer, John Mutorwa, gekla dat die huidige verhoging van brandstofpryse die prys van taxi-tariewe per insittende ver oorskry. Januarie het gesê as versuim word om aan die bedryf se beroep gehoor te gee, sal dit lei tot openbare betogings.