Taxi-tarief verhoog tot N$14 tot einde Junie

Die Namibiese Vervoerraad in die ministerie van werke en vervoer het ‘n 15 persent verhoging in vervoertariewe goedgekeur. Die bepaling is net geldig tot 30 Junie. President Hage Geingob het strenger maatreëls tot die einde van die maand teen Covid ingestel wat bepaal dat taxi’s en ander openbare vervoer net 50 persent passasiers mag vervoer. Taxi’s het reeds hulle tarief opgestoot na 14 dollar in plaas van die gebruiklike 12 dollar. Dit is nou goedgekeur en wettig.