Taxi-staking gaan môre in Kaapstad voort

Santaco in die Wes-Kaap sê hy sal môre met sy staking in die Moederstad voortgaan om die provinsiale regering sover te kry om sy besluit, om die Blue Dot-taxi-inisiatief op te skort, te heroorweeg. Duisende pendelaars was vandag sonder enige vervoer, na die organisasie ‘n twee dae lange staking van stapel gestuur het omdat sy lede ongelukkig is dat die inisiatief die einde van dié maand tot ‘n einde kom. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad, Fritz Platt.