Tax Justice SA eis verdere ondersoek oor Gold Mafia en RudlandApril 7, 2023

Die stigter van Tax Justice South Africa, Yusuf Abramjee, sê die jongste skokkende onthullings in ‘n Al Jazeera-dokumentêr getiteld Gold Mafia vereis dringende ondersoek deur regsagentskappe plaaslik en in die buiteland. Abramjee sê die derde aflewering in die dokumentêre reeks toon die sake-eienaar Simon Rudland se sakeryk sluit ‘n groep maatskappye in Suid-Afrika en Dubai in wat seepglad geldwassery bedryf, waarby miljarde Suid-Afrikaanse rand aan onwettige winste van sy Johannesburgse firma, Gold Leaf Tobacco Corporation betrokke is: