Tanzaniese President wil bande met SA versterk

Die President van Tanzanië, Samia Suluhu Hassan, doen ‘n beroep vir meer ekonomiese ontwikkeling tussen Suid-Afrika en Tanzanië. Hassan het die media toegespreek by die Uniegebou in Pretoria, terwyl President Cyril Ramaphosa haar gasheer is, en gesê die bilaterale samesprekings sal die verhouding tussen die twee lande verbreed en verdiep. Hassan sê handelsvennootskappe moet versterk word.