Nuwe riglyne om skadelike praktyke teen Alzheimer-pasiënte uit te wis

Die hoof uitvoerende beampte van Alzheimers Demensie Namibië, Berrie Holtzhausen het Woensdag die Pan-Afrika Parlement in Midrand, Suid-Afrika bywoon. Hy is verheug dat riglyne wel van stapel gestuur is om die wrede en skadelike praktyke wat verband hou met beskuldigings van pasiënte van heksery en rituele aanvalle, uit te wis. Mense wat ly aan Alzheimer se siekte of demensie word dikwels van heksery uitgekryt. Holtzhausen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.