Tamson terug in die hof vir borg

Een van die Fishrot-beskuldigdes Tamson Hatuikulipi se borgaansoek duur vanoggend voort voor hoërhofregter David Munsu. Hatuikulipi en sy skoonpa, voormalige visseryminister Bernardt Esau is vroeër borg in die laerhof geweier. Hulle het appelleer en het weer verloor. Volgens Hatuikulipi se regsverteenwoordiger Floran Beukes van Metcalfe Beukes, word die borgaansoek op nuwe feite gebring. Sedert hulle arrestasie in November 2019 poog al die verdagtes herhaaldelik om borg te bekom maar nog net Ricardo Gustavo het sukses gehad.