Tamatiepryse deur die dak in VSA… droogte

’n Gebrek aan reën en sneeu in sentraal-Kalifornië, en beperkte watervoorrade vanaf die Colorado-rivier in die mees suidelike deel van die staat, het somergewasse soos tamaties en uie verdor en bedreig blaargroentes wat in die winter gekweek word. Dit plaas verdere druk op winkelpryse. Die styging in voedselpryse vanjaar het gehelp om Amerikaanse inflasie tot die hoogste vlakke in 40 jaar te laat styg. Kalifornië se droogtetoestande, bo en behalwe orkaan Ian wat sitrus- en tamatie-oeste in Florida verwoes, sal waarskynlik voedselkoste nog hoër opstoot.