Talle SME’s tender vir droogtehulp-voorrade

Twee tenders van die direktoraat van ramprisiko-bestuur in die kantoor van die eerste minister vir die verskaffing van kookolie en sojaboon-maalvleis vir droogtehulp-voorrade aan die streke van Kunene, Omusati en Erongo, was beperk tot Namibiese maatskappye en voorkeur is gegee aan klein en medium ondernemings. Volgens die Tender Bulletin, was slegs ‘n handvol tenderaars nie SME’s nie. Vir die verskaffing van kookolie is 37 tenders ontvang wat gewissel het van 2,67 miljoen tot 5,93 miljoen Namibiese dollar. Vir soja-maalvleis is 24 tenders ontvang wat gewissel het van 3,13 miljoen tot 14,44 miljoen dollar.