Talle paaie in Kunene-streke gesluit

Die Paaie-owerheid het gemaan dat sekere paaie in die Kunene-streek gesluit is ná erge skade deur swaar reën. Die Ugabbrug en sommige dele van die pad is erg beskadig, daarom is die pad vanaf die Ugabrivier tot by Khorixas gesluit en padgebruikers moet die alternatiewe roete via Omaruru gebruik. Die Langasem-pas is vir sewe kilometer beskadig en padgebruikers moenie probeer om die Unib- en Huanibriviere oor te steek nie en is slegs toeganklik vir 4×4-voertuie. Die D2612-pad is ook beskadig wat toegang tot Twyfelfontein afsny. Die Hoanib- en Skelmriviere is ook in vloed wat die MR128-pad Sesfontin van Palmwag afsny, terwyl die DR2628-pad wat by die MR126- en D2612-paaie aansluit, ook tydelik vir verkeer gesluit is.