Johannesburg behaal welslae met skuldinvordering

Die burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, sê die stad behaal groot welslae met die invordering van skuld. Die metro is tans besig met ‘n veldtog om 38 miljard rand se agterstallige betalings te in. Phalatse het gesê die veldtog is minder openlik as dié van die aangrensende Tshwane-metro, maar lewer dieselfde resultate op.