Talle leefstyl-oudits in SA afgehandel

Die Suid-Afrikaanse Departement van die Staatsdiens en Administrasie sê 24 nasionale departemente en 14 provinsiale departemente het hul leefstyl-oudits afgehandel. Die departement sê in ‘n verklaring byna 400 etiek-beamptes is opgelei om leefstyl-oorsigte uit te voer in ‘n poging om korrupsie in die staatsdiens uit te roei. Die departement sê die eenheid stuur tans nie-nakomingsbriewe aan departemente wat versuim het om die gids oor leefstyl-oorsigte in werking te stel.