Talle Aussies is boos vir Djokovic

Die wêreld se nommer een, Novak Djokovic, se oorwinning in die hof oor die Australiese regering het hom nie juis meer gewild gemaak onder Australiërs nie. Hoewel die Serwiër gewild is onder die land se Serwiese gemeenskap en ‘n groepie ander ondersteuners, vra gewone Australiërs of hy homself verhewe bo die wet ag, en dít in ‘n land wat hom roem op sy veilige grense. Djokovic kan in die land aanbly om aan die Australiese Ope deel te neem, al het hy nog nie sy inentingstatus bekend gemaak nie. Amerikaanse media berig egter die land se zero-Covid-beleid weerhou intussen tienduisende burgers daarvan om huis toe te kom.