Talle aspekte moet in ag geneem word om Whk se sakekern te laat herleef

Daar is kommer oor Windhoek se sakekern. Daar word berig dat kleinsake ‘n 40 persent afname in aktiwiteit toon. Dit is ‘n uitdaging wat regoor die wêreld voorkom en sou dit nie aangespreek word nie, kan sakekerns verval in misdaad en eiendom wat skerp waarde verloor. Die ekonomiese navorser Eben de Klerk van die Ekonomiese Navorsingsvereniging van Namibië sê daar is talle aspekte wat in ag geneem moet word.