Taliban versterk sy greep op die noorde van Afganistan

Die Taliban het sy greep op die noorde van Afganistan versterk terwyl die bevelvoerder van ’n pro-regeringsburgermag gesê het hulle sal tot die dood toe baklei om Mazar-i-Sjarif, die grootste stad in die noorde, te verdedig. President Asjraf Ghani het streekleiers om hulp gevra om sy beleërde regering te ondersteun nadat die Taliban beheer oor verskeie gebiede geneem het. Amerika, wat besig is om sy troepe aan Afganistan te onttrek, sê dit is die taak van Ghani se magte om hulself te verdedig.