Taliban dood blykbaar onbekende IS-leier 

Amerika se nasionale veiligheidsraad sê die Islamitiese Staat se leier agter die selfmoordbomaanvalle by die Kabul-lughawe in Augustus 2021, is deur die Taliban doodgemaak. Meer as 170 burgerlikes en 13 Amerikaanse soldate is dood terwyl mense probeer het om uit Afghanistan te vlug toe die Taliban beheer oorgeneem het. Die IS-leier wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, is vroeër die maand in die suide van Afghanistan dood. Die terroris wat die selfmoordbomaanval uitgevoer het, Abdul Rehman Al-Loghri, is enkele dae voor die voorval uit die tronk vrygelaat nadat die Taliban beheer van die gebied oorgeneem het.