Takatso sê SAL-aankoop het te veel risiko gehad
Takatso Consortium sê die uitgerekte onderhandelinge met die regering oor die hersiening van die transaksie vir die verkoop van 51-persent-belang in die Suid-Afrikaanse Lugdiens, is gekenmerk deur onaanvaarbare vlakke van risiko en onsekerheid. Ná byna drie jaar is die regering se samesprekings met Takatso as ’n privaat vennoot in die lugdiens volgens ’n onderlinge ooreenkoms afgelas. Die voorsitter van Takatso, Tshepo Mahloele sê hulle was vasbeslote om ‘n sterk Afrika-lugredery te bou wat wêreldwyd sou kon meeding, en wat finansieel volhoubaar én kommersieel lewensvatbaar sou wees: