Takatso sê 3 miljard sal SAL vir eers in die lug hou

‘n Aanvanklike belegging van 3 miljard Suid-Afrikaanse rand sal genoeg wees om die Suid-Afrikaanse Lugdiens operasioneel te hou vir die volgende 12 tot 36 maande. So sê die Takatso-konsortium wat nou ‘n 51 persent aandeel in die SAL bekom het. Die maatskappy het aan internasionale nuusagentskappe gesê dat hulle nie die SAL binne die volgende drie jaar sal lys nie omdat die redery eers weer ‘n wins moet toon. Die buurland se minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het vanoggend die aankondiging dat Takatso die meerderheidsaandeelhouer in die redery is.