Taiwan se hoof van missielproduksie-projekte sterf aan hartaanval

Die adjunkhoof van die Taiwannese ministerie van verdediging se navorsings- en ontwikkelingseenheid is dood aangetref in ‘n hotelkamer, ná hy aan ‘n hartaanval beswyk het. Ou Yang Li-hsing, adjunkhoof van die Nasionale Chung-Shan Instituut vir Wetenskap en Tegnologie in militêre besit, is in ‘n hotelkamer in die suide van Taiwan dood. Owerhede het gesê die 57-jarige Ou Yang is aan ‘n hartaanval dood en die hotelkamer het geen teken van enige ‘inbraak’ getoon nie. Sy familie het gesê hy het ‘n geskiedenis van hartsiektes en het ‘n hart-stent. Ou Yang was op ‘n sakereis na Pingtung en hy het vroeg vanjaar die pos aanvaar het om toesig te hou oor verskeie missielproduksie-projekte.