Taiwan glo China berei voor op oorlog

Taiwan glo China berei voor om oorlog te maak teen sy kleiner buurland. Taipei se minister van buitelandse sake, Joseph Wu, sê Beijing het sy militêre teenwoordigheid opgeskerp na die Taiwannese President, Tsai Ing-wen, se onlangse besoek aan Amerika, waar sy die speaker van die huis van verteenwoordigers, Kevin McCarthy, ontmoet het. Wu sê die Chinese bedreiging blyk duidelik uit grootskaalse lug- en see-oefeninge nadat Beijing gemaan het oor ernstige gevolge sou die  ontmoeting in Kalifornië voortgaan. China beskou Taiwan steeds as deel van sy grondgebied, al het die eilandvolk reeds in 1949 ontstaan.