Tafelberg wil Afrika se gewildste bestemming wees

Tafelberg en Robben-eiland ding mee om die titel vir Afrika se voorste toeriste-aanloklikheid, aangesien openbare stemme vir die Wêreld Reis-toekennings begin. Die Kaapstadse landmerke kom teen ander gewilde bestemmings soos die Piramides van Giza te staan. Tafelberg en die berg Kilimanjaro het beide die titel reeds vyf keer gewen sedert die kompetisie in 2012 begin het. Stemme sluit op 30 April en die wenners word op 14 Junie aangekondig. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad…