T20: Rossouw beïndruk, hoop hy kan dit voortsit

Rilee Rossouw van Suid-Afrika sê hy geniet op die oomblik sy kolfwerk. Hy en Quinton de Kock het vanoggend in Sydney 168-lopies om die tweede paaltjie aangeteken, wat die grootste vennootskap in die geskiedenis van die T20-Wêreldbekertoernooi vir mans is, en die Proteas tot ‘n oorwinning van 104 lopies oor Bangladesj gelei. Rossouw het 109 van net 56 balle gemoker, insluitend agt sesse en sewe viere, en Suid-Afrika het 205 vir vyf aangeteken. Bangladesj is toe vir 101 uitgeboul. Rossouw sê hy hoop hy kan hierdie spelpeil voortsit: