T20: Reën word weer môre voorspel, weer wanneer Proteas speel

Suid-Afrika se wankelrige verhouding met reën op Wêreldbeker-toernooie duur voort. Hulle openingswedstryd op die T20-Wêreldbeker het uitgereën, met die Proteas wat net 13 lopies weg was van hulle teiken teen Zimbabwe. Temba Bavuma se manne kan nie enige foute bekostig in hulle volgende wedstryd teen Bangladesj nie, maar die slegte nuus is dat reën ook môre vir die Sydney-omgewing voorspel word. Die Proteas se snelbouler, Lungi Ngidi, sê dit plaas hulle onder druk: