T20 opwinding om die draai

Krieket Namibië bied vanaf môremiddag die Richelieu Franchise T20-toernooi aan. In hierdie toernooi, anders as in vorige jare, is al vier spanne nuut, en word deur Krieket Namibië self besit. Verskeie oorsese spelers van Pakistan, Suid-Afrika en die VSA neem deel. Johan Muller, uitvoerende hoof van Krieket Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die nuwe formaat.