T20-krieket: Pakistan skok die Swartpette

Krieket: Die eerste halfeindstryd van die T20-Wêreldbekertoernooi in Australië het ‘n verrassende uitslag gelewer toe Pakistan vir Nieu-Seeland maklik geklop het in Sydney. Die Swartpette het ‘n onder-gemiddelde 152 vir vier aangeteken met Daryl Mitchell se onoorwonne 53 die hoogste telling. Pakistan het die teiken maklik gehaal na vyftig-talle deur kaptein Babar Azam en Mohammad Haris, en wag nou in Sondag se eindstryd vir die wenner van môre se tweede halfeindstryd tussen Engeland en Indië. Azam is in die wolke oor sy span se vertoning.