Switserse weermag laai water af vir bees in die Alpe

Switserse weermaghelikopters is opgeroep om water te vervoer na duisende dorstige bees wat sukkel met erge hitte in die land se Alpe-weilande. Laer reënval vanjaar het boere genoop om ‘n beroep op die weermag te doen om in te gryp met broodnodige wateraflewerings. ’n Twee-week lange operasie is nou aan die gang met Super Puma-helikopters wat vlieg om die amper-leë reservoirs wat boere gebruik vir hul koeie, wie se melk gebruik word om Gruyere-kaas te maak, en ander diere soos varke en bokke, te hervul. Sonder die noodwatervoorsiening sou die diere van hul verhewe weivelde afgebring moes word om in laer gebiede te wei, waar hul winterhooi gewoonlik gedurende die somermaande gemaak word.