Swendelaars in SA teiken werksmark

Slenters loop nie net in Namibië oop nie, Suid-Afrikaners loop ook deur. In die jongste verwikkeling, sê Johannesburg se kragnutsdiens, City Power, dat daar ‘n bedrogspul is waarin niksvermoedende werksoekers werk by die nutsdiens belowe word. Die arbeidsmark het die jongste slagoffer geword van die swendelwêreld waarin die misdadigers hul visier op desperate werksoekers instel. Die woordvoerder van City Power, Isaac Mangena, sê hoewel die nutsdiens wel in hierdie stadium werksgeleenthede het, het hulle gemerk dat opportunistiese swendelaars die wettige proses misbruik om werksoekers in ‘n lokval te lei: