Swemmer Lara van Niekerk klop Tatjana Schoenmaker

Statebondspele: Die Suid-Afrikaanse swemmer Lara van Niekerk het ‘n nuwe Spele-rekord opgestel toe sy haar uitdun in die 50 meter-borsslag in Birmingham in 29,82 sekondes gewen het. Sy het haar beroemde landgenoot, Tatjana Schoenmaker, geklop, wat vier jaar gelede goud in die 100 en 200 meter-borsslag ingepalm het, sowel as goud met ‘n nuwe wêreldrekord op verlede jaar se Olimpiese Spele in Tokio. Beide vroue het deurgedring na die halfeindronde, saam met nog ‘n Suid-Afrikaner, Kaylene Corbett. Van Niekerk is oorstelp oor haar prestasie.