Jacob Zuma afwesig by sy korrupsieverhoor

Die Jacob Zuma-stigting het bevestig die voormalige president sal nie sy korrupsieverhoor bywoon nie. Die verhoor word na verwagting Maandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg hervat. Die woordvoerder van die stigting, Mzwanele Manyi, sê die hof het aangedui Zuma hoef nie te verskyn nie. Hy sê die hof sal net bepaal of die saak gereed is om voortgesit te word en of verdere datums bepaal moet word.