Swemmer Chad le Clos emosioneel oor sy goue medalje

Swem: ‘n Emosionele Chad le Clos het sy goue medalje teruggewen in die 200-meter vlinderslag by die kortbad Wêreldkampioenskap in Melbourne. Die voormalige Olimpiese kampioen het ‘n nuwe persoonlike beste tyd én ‘n nuwe Afrika-rekord aangeteken, van 1 minuut, 48,27 sekondes – amper ‘n volle sekonde voor die tweede swemmer,  Daiya Seto van Japan. Die 30-jarige Le Clos het in trane uitgebars toe hy besef hy het die titel wat hy laas in 2016 gewen het, weer verower. Hy sal môre weer in die swembad wees vir die 100 meter-vlinderslag.