Swartbemagtiging nie nodig vir uitvoere nie – AgriSA

AgriSA sê dit maak geen sin om boere te dreig dat uitvoerpermitte weerhou sal word as hulle nie Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtigingsertifikate kan verskaf nie. Die hoof uitvoerende beampte, Christo van der Rheede, sê hulle het ‘n onlangse brief wat die uitvoerbeheerraad vir bederfbare produkte aan boere gestuur het, bevraagteken oor die indiening van sulke sertifikate. Hy sê die raad het nou aangedui dat hierdie sertifikate nie in die toekenning van permitte gebruik sal word nie en bloot gebruik sal word om hul databasis op te dateer: