Swart Vrydag: Belê eerder jou geld

‘n Finansiële instelling sê verbruikers moet eerder geld belê as om dit op Swart Vrydag te bestee. Satrix Investments se bestuurder vir kliënteverhoudings, Thembeka Khumalo, sê in ‘n kultuur van groot besteding en op ‘n dag van baie groot besteding wil hulle mense aanmoedig om anders na hulle geld te kyk en dit te sien as iets wat kan groei, eerder as om dit uit te gee. Khumalo sê Swart Vrydag is die ideale dag om ‘n beleggingsreis te begin.