Swart Sakeraad sê ook De Ruyter moet gaan

Die Swart Sakeraad in Suid-Afrika steun oproepe dat die hoofbestuurder van Eskom, André de Ruyter, moet bedank na die instelling van fase ses-beurtkrag dié week. Volgens die raad het De Ruyter sy belofte verbeek om die kragverskaffer om te keer. Kganki Matabane van die raad sê hulle het De Ruyter se aanstelling in 2019 verwelkom en hom die voordeel van die twyfel gegee, maar dinge het van toe af net agteruitgegaan. Matabane voer aan De Ruyter het die land nog net verskonings gegee, in plaas daarvan om die probleme by Eskom op te los. Instussen is beurtkrag op fase vier tot tien-uur vanaand, waarna fase twee oornag ingestel sal word. Dieselfde patroon word vir môre beplan.