Man wat Imanuwela David gehelp het om Nam binne te kom het bande met Zuma

AmaBhungane, die ondersoekende eenheid van joernaliste in ons streek, sê Imanuwela David het na bewering ‘n sekere “Papa J” 50 000 Suid-Afrikaanse rand betaal het “om mense in Namibië en SA te reël om hom na Namibië te smokkel”. AmaBhungane het die identiteit vasgestel van Papa J, wie se regte naam Mfundo Jele is, asook een van die individue in die motor wat David na die grens geneem het – ‘n man met die naam Prince Mazibuko. Luidens die verslag, wat op 21 Junie 2020 deur die voormalige hoof van die Namibiese Kriminele Ondersoekdirektoraat kommissaris Nelius Becker onderteken is, het David aan die Namibiese owerhede gesê hy het Jele genader, wat na bewering ‘n naamlose Zambiër gekontak het, wat op sy beurt die destydse waarnemende uitvoerende hoof van Fishcor, Paulus Ngalangi ingebring het. Media24 het ‘n stemgreep van David se ondervraging gedeel.

AmaBhungane sê Jele spog graag met sy kontant en is gretig is om sy nabyheid aan oudpresident Jacob Zuma ten toon te stel. Daar is talle foto’s van die twee saam.