Swapo wen ver in Okaku-tussenverkiesing

Die Swapo-kandidaat het ver gewen in die tussenverkiesing van die Okaku-kiesafdeling in die Oshana-streek. David Fillipus het meer as twee derdes van die stemme in die tussenverkiesing gekry. Hy het 3 195 uit ‘n totaal van 4 463 stemme behaal. Die aantal bedorwe stembriewe was 22. Die IPC-kandidaat Sakaria Jacob het tweede gekom met 852 stemme, gevolg deur Thomas Nambambi van die NEFF wat 294 stemme gekry het. Die kandidaat van die amptelike opposisie PDM, Jason Haufiku, het net 122 stemme gekry.