Kaapstadse Karnaval bring bring klank en kleur

Die strate van die Moederstad sal vandag weer gevul wees met klank en kleur wanneer die Kaapstadse Karnaval se eerste straatparade sedert 2019 na sy klassieke formaat terugkeer. Meer as 1 600 kunstenaars gaan die kern vorm van dié feestelikheid. Hulle sluit Stad Kaapstad se brandbestryders in. Die stad sê met agt vlotte en lewensgrootte kunswerke sal die karnaval ‘n viering van individuele kreatiwiteit, kulturele diversiteit en gemeenskaps-bemagtiging wees. Die parade in Groenpunt sal ook optredes beleef deur 48 gemeenskapsgroepe van regoor die Wes-Kaap.