Swapo-struwelinge met dorpe in opposisie-beheer?

Dit wil voorkom asof daar struwelinge tussen die regerende party en plaaslike owerhede wat deur opposisiepartye beheer word is. Die PDM hou vanoggend ‘n perskonferensie in die verband en intussen, het die Affirmative Repositioning-beweging ‘n brief deur hulle prokureur Khadila Amoomo aan die minister van stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni gerig. Die beweging sê hy vermoed dat die minister, ingevolge die wet, beheer van die Windhoek stadsraad wil oorneem. Die minister het ook volgens die beweging gister met Windhoek-raadslede ontmoet. Die beweging sê verder dat die polisie hoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga ook gesê het dat ‘hulle die Windhoek-raad sal beheer’. Daar word beweer dat Swapo-raadslede die aktiwiteite van die stadsraad frustreer en vertraag. Intussen word die burgemeesterskap van Job Amupanda in talle oorde blameer vir die toename in grondgrype in die hoofstad.