Swapo Party-jeugliga blameer ‘salaris-invorderaars’ vir swak eksamenuitslae

Die Swapo Party-jeugliga veroordeel die eksamenuitslae van 2022. Die jeugliga blameer die “salaris-invorderaars” in die onderwysministerie vir die swak prestasie van leerders in die eksamenuitslae. Hulle sê hulle kan nie ignoreer dat daar ‘n probleem is wat aangespreek moet word nie en het ‘n beroep op die ministerie gedoen om maniere te vind om die probleem op te los. Die sekretaris-generaal van die jeugliga, Ephraim Nekongo sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is geen manier is dat hulle sal toelaat dat so ‘n groot aantal jongmense op straat beland nie.